-
-
Afrikaans (1953)
-
-
11
|2 Samuel 22:11|
En Hy het op 'n gérub gery en gevlieg; ja, Hy het verskyn op die vlerke van die wind.
-
12
|2 Samuel 22:12|
En Hy het duisternis rondom Hom as hutte gestel, versameling van waters, diktes van wolke.
-
13
|2 Samuel 22:13|
Uit die glans voor Hom het gloeiende kole gebrand.
-
14
|2 Samuel 22:14|
Uit die hemel het die HERE gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor.
-
15
|2 Samuel 22:15|
En Hy het pyle uitgestuur en hulle verstrooi, bliksems en hulle verwar.
-
16
|2 Samuel 22:16|
En die beddings van die see het sigbaar geword, die fondamente van die wêreld is blootgelê, deur die dreiging van die HERE, vanweë die geblaas van die wind van sy neus.
-
17
|2 Samuel 22:17|
Uit die hoogte het Hy sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, my uit groot waters getrek.
-
18
|2 Samuel 22:18|
Hy het my verlos van my magtige vyand, van my haters, omdat hulle te sterk was vir my.
-
19
|2 Samuel 22:19|
Hulle het my oorval op die dag van my nood, maar die HERE was my steun.
-
20
|2 Samuel 22:20|
En Hy het my uitgelei in die ruimte, Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5