-
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|2 Samuel 22:21|
Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; na die reinheid van my hande het Hy my vergelde.
-
22
|2 Samuel 22:22|
Want ek het die weë van die HERE gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie.
-
23
|2 Samuel 22:23|
Want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge--daar het ek nie van afgewyk nie.
-
24
|2 Samuel 22:24|
Maar ek was opreg voor Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.
-
25
|2 Samuel 22:25|
So het die HERE my dan vergelde na my geregtigheid, na my reinheid voor sy oë.
-
26
|2 Samuel 22:26|
By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,
-
27
|2 Samuel 22:27|
by die reine, rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
-
28
|2 Samuel 22:28|
En U verlos die verdrukte volk, maar u oë is teen die hoogmoediges; U verneder hulle.
-
29
|2 Samuel 22:29|
Want U is my lamp, o HERE! En die HERE laat my duisternis opklaar.
-
30
|2 Samuel 22:30|
Want met U loop ek 'n bende storm, met my God spring ek oor 'n muur.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5