-
-
Afrikaans (1953)
-
-
31
|2 Samuel 22:31|
Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.
-
32
|2 Samuel 22:32|
Want wie is God buiten die HERE, en wie 'n rots buiten onse God?
-
33
|2 Samuel 22:33|
Die God wat my sterk toevlug is, en Hy het vir my 'n weg volkomelik uitgesoek.
-
34
|2 Samuel 22:34|
Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes.
-
35
|2 Samuel 22:35|
Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span.
-
36
|2 Samuel 22:36|
En U het my die skild van u uitredding gegee, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
-
37
|2 Samuel 22:37|
U het my voetstap onder my ruim gemaak, en my enkels het nie gewankel nie.
-
38
|2 Samuel 22:38|
Ek het my vyande agtervolg en hulle verdelg en nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.
-
39
|2 Samuel 22:39|
Ja, ek het hulle vernietig en hulle verbrysel, sodat hulle nie weer opgestaan het nie, maar onder my voete geval het.
-
40
|2 Samuel 22:40|
En U het my met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders onder my laat buk.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Pedro 1-5