- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Hechos 10:1|
									En daar was in Cesaréa 'n man met die naam van Cornelius, 'n hoofman oor honderd van die sogenaamde Italiaanse leërafdeling.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Hechos 10:2|
									Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Hechos 10:3|
									Hy het duidelik in 'n gesig omtrent die negende uur van die dag 'n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius!									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Hechos 10:4|
									En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Hechos 10:5|
									Stuur dan nou manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Hechos 10:6|
									Hy is tuis by 'n sekere Simon, 'n leerlooier, wie se huis by die see is. Hy sal jou sê wat jy moet doen.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Hechos 10:7|
									En toe die engel wat met Cornelius gespreek het, weg was, roep hy twee van sy huisbediendes en 'n vroom soldaat van die wat altyd by hom was,									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Hechos 10:8|
									en vertel hulle alles en stuur hulle na Joppe.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Hechos 10:9|
									En die volgende dag, terwyl hulle op pad was en naby die stad kom, het Petrus omtrent die sesde uur op die dak geklim om te bid;									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Hechos 10:10|
									en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar 'n verrukking van sinne oor hom gekom:									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18