- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|Hechos 10:21|
									En Petrus het afgeklim na die manne wat deur Cornelius na hom gestuur was, en gesê: Kyk, dit is ek wat julle soek. Wat is die rede waarom julle hier is?									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Hechos 10:22|
									En hulle sê: Cornelius, 'n hoofman oor honderd, 'n regverdige en godvresende man, wat 'n goeie naam het by die hele Joodse nasie, het 'n goddelike openbaring ontvang deur 'n heilige engel, om u te laat haal na sy huis om te hoor wat u sal sê.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Hechos 10:23|
									En hy het hulle binnegenooi en geherberg. En die volgende dag het Petrus saam met hulle afgereis, en enkele van die broeders uit Joppe het met hom saamgegaan.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Hechos 10:24|
									Die dag daarop het hulle in Cesaréa aangekom. En Cornelius was hulle te wagte, en hy het alreeds sy familie en besondere vriende bymekaargeroep.									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Hechos 10:25|
									Toe Petrus dan binnekom, het Cornelius hom tegemoetgegaan en aan sy voete neergeval en hom hulde bewys.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Hechos 10:26|
									Maar Petrus het hom opgerig en gesê: Staan op, ek is self ook maar 'n mens.									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Hechos 10:27|
									En onderwyl hy met hom spreek, gaan hy binne en vind baie wat vergader het;									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Hechos 10:28|
									en hy sê vir hulle: Julle weet dat dit ongeoorloof is vir 'n Joodse man om met iemand van 'n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie.									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Hechos 10:29|
									Daarom het ek, toe ek gehaal is, gekom sonder om teë te spreek. Ek vra dan om watter rede julle my laat haal het.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Hechos 10:30|
									En Cornelius sê: Vier dae gelede was ek besig om te vas tot op hierdie uur, en die negende uur het ek in my huis gebid,									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15