-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
13
|Hechos 6:13|
En hulle het valse getuies laat optree om te sê: Dié man hou nie op om lasterlike dinge te praat teen hierdie heilige plek en die wet nie.
-
14
|Hechos 6:14|
Want ons het hom hoor sê: Hierdie Jesus, die Nasaréner, sal hierdie plek afbreek en die sedes wat Moses aan ons oorgelewer het, verander.
-
15
|Hechos 6:15|
En terwyl almal wat in die Raad sit, hul oë stip op hom hou, sien hulle dat sy gesig soos die gesig van 'n engel was.
-
1
|Hechos 7:1|
Toe sê die hoëpriester: Is hierdie dinge dan so?
-
2
|Hechos 7:2|
En hy sê: Broeders en vaders, luister! Die God van die heerlikheid het verskyn aan ons vader Abraham toe hy in Mesopotámië was, voordat hy in Haran gewoon het,
-
3
|Hechos 7:3|
en vir hom gesê: Trek uit jou land en uit jou familie, en kom na die land wat Ek jou sal wys.
-
4
|Hechos 7:4|
Toe het hy getrek uit die land van die Chaldéërs en in Haran gaan woon; en ná die dood van sy vader het Hy hom daarvandaan laat verhuis na hierdie land waarin julle nou woon.
-
5
|Hechos 7:5|
En Hy het hom geen erfdeel daarin gegee nie, selfs nie 'n voetbreed nie, maar Hy het belowe om dit aan hom en sy nageslag ná hom as eiendom te gee, toe hy nog geen kind gehad het nie.
-
6
|Hechos 7:6|
En God het aan hom dít gesê, dat sy nageslag bywoners in 'n vreemde land sou wees en die mense hulle tot slawe sou maak en mishandel, vier honderd jaar lank.
-
7
|Hechos 7:7|
En die nasie aan wie hulle diensbaar sal wees, sal Ek oordeel, het God gesê; en daarna sal hulle uittrek en My in hierdie plek dien.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 2 Corintios 8-10