-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
18
|Hechos 7:18|
totdat daar 'n ander koning opgestaan het wat nie vir Josef geken het nie.
-
19
|Hechos 7:19|
Hy het listig met ons geslag te werk gegaan en ons vaders mishandel deur hulle te verplig om hul kindertjies weg te gooi, sodat hulle nie in die lewe behou kon word nie.
-
20
|Hechos 7:20|
In dié tyd is Moses gebore, en hy was wonderlik mooi. Drie maande lank is hy in die huis van sy vader versorg;
-
21
|Hechos 7:21|
en toe hy weggegooi is, het Farao se dogter hom opgeneem en hom as haar seun grootgemaak.
-
22
|Hechos 7:22|
En Moses is opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars en was magtig in woorde en dade.
-
23
|Hechos 7:23|
En nadat hy die ouderdom van veertig jaar bereik het, het dit in sy hart opgekom om sy broers, die kinders van Israel, te besoek;
-
24
|Hechos 7:24|
en toe hy sien dat iemand onreg aangedoen word, het hy hom verdedig en die man wat mishandel was, gewreek deur die Egiptenaar te verslaan.
-
25
|Hechos 7:25|
En hy het gedink dat sy broers sou verstaan dat God hulle deur sy hand redding sou gee; maar hulle het dit nie verstaan nie.
-
26
|Hechos 7:26|
En die volgende dag het hy by hulle verskyn terwyl hulle besig was om te veg, en hy het by hulle aangedring om vrede te maak en gesê: Manne, julle is broers; waarom doen julle mekaar onreg aan?
-
27
|Hechos 7:27|
Maar hy wat sy naaste onreg aangedoen het, het hom afgestoot en gesê: Wie het jou as 'n owerste en regter oor ons aangestel?
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 2 Corintios 8-10