-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
11
|Deuteronomio 25:11|
As manne met mekaar veg, die een met die ander, en die een se vrou aankom om haar man te red uit die hand van die een wat hom slaan, en haar hand uitsteek en hom by die skaamdele gryp,
-
12
|Deuteronomio 25:12|
dan moet jy haar hand afkap; jou oog mag nie verskoon nie.
-
13
|Deuteronomio 25:13|
Jy mag nie twee soorte weegstene, 'n grote en 'n kleintjie, in jou sak hê nie.
-
14
|Deuteronomio 25:14|
Jy mag in jou huis nie twee soorte efas, 'n grote en 'n kleintjie, hê nie.
-
15
|Deuteronomio 25:15|
Jy moet 'n volle en regte gewig hê; jy moet 'n volle en regte efa hê; sodat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God jou sal gee.
-
16
|Deuteronomio 25:16|
Want almal wat hierdie dinge doen, is 'n gruwel vir die HERE jou God--almal wat onreg doen.
-
17
|Deuteronomio 25:17|
Dink aan wat Amalek op die pad by julle uittog uit Egipte aan jou gedoen het,
-
18
|Deuteronomio 25:18|
hoe hy jou op die pad teëgekom het en by jou die agterhoede, al die swakkes agter jou, verslaan het terwyl jy moeg en mat was, en hy God nie gevrees het nie.
-
19
|Deuteronomio 25:19|
As dan die HERE jou God vir jou rus gee van al jou vyande rondom, in die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem, dan moet jy die gedagtenis van Amalek onder die hemel uitdelg; vergeet dit nie.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 11-13