-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
3
|Deuteronomio 22:3|
So moet jy ook doen met sy esel, en so moet jy doen met sy kleed, ja, so moet jy doen met alles wat van jou broer wegraak, wat hy verloor en wat jy vind; jy mag jou nie verberg nie.
-
4
|Deuteronomio 22:4|
Jy mag die esel van jou broer of sy bees nie sien val op die pad en jou vir hulle verberg nie; saam met hom moet jy hulle sekerlik ophelp.
-
5
|Deuteronomio 22:5|
'n Vrou mag geen mansklere dra nie, en 'n man mag geen vrouensklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is vir die HERE jou God 'n gruwel.
-
6
|Deuteronomio 22:6|
As jy op pad 'n voëlnes kry in een of ander boom of op die grond, met klein voëltjies of eiers, terwyl die moeder op die klein voëltjies of op die eiers sit, mag jy die moeder nie saam met die kleintjies wegneem nie.
-
7
|Deuteronomio 22:7|
Jy moet die moeder sekerlik laat wegvlieg, maar die kleintjies mag jy vir jou neem, dat dit met jou goed kan gaan en jy die dae kan verleng.
-
8
|Deuteronomio 22:8|
As jy 'n nuwe huis bou, moet jy 'n leuning aan jou dak maak, sodat jy geen bloedskuld op jou huis bring as iemand daarvan afval nie.
-
9
|Deuteronomio 22:9|
Jy mag in jou wingerd nie twee soorte saad saai nie, anders verval die volle opbrings aan die heiligdom: die saad wat jy saai en die opbrings van die wingerd.
-
10
|Deuteronomio 22:10|
Jy mag nie met 'n os en 'n esel tegelyk ploeë nie.
-
11
|Deuteronomio 22:11|
Jy mag geen gemengde stof, wol en linne tegelyk, aantrek nie.
-
12
|Deuteronomio 22:12|
Klossies moet jy vir jou maak aan die vier hoeke van jou kleed waar jy jou mee toemaak.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 14-16