- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									31
									 
									 
									|Éxodo 36:31|
									Hy het ook dwarshoute van akasiahout gemaak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel									
									    
								 
- 
									
									32
									 
									 
									|Éxodo 36:32|
									en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel teen die weste.									
									    
								 
- 
									
									33
									 
									 
									|Éxodo 36:33|
									En hy het die middelste dwarshout gemaak om oordwars te loop, in die middel van die style, van die een ent na die ander.									
									    
								 
- 
									
									34
									 
									 
									|Éxodo 36:34|
									En hy het die style met goud oorgetrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, het hy van goud gemaak. Die dwarshoute het hy ook met goud oorgetrek.									
									    
								 
- 
									
									35
									 
									 
									|Éxodo 36:35|
									Verder het hy die voorhangsel gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne; as kunstige werk het hy dit gemaak, met gérubs.									
									    
								 
- 
									
									36
									 
									 
									|Éxodo 36:36|
									En hy het vier pilare van akasiahout daarvoor gemaak en dit met goud oorgetrek; hulle kramme was ook van goud; en hy het daarvoor vier silwervoetstukke gegiet.									
									    
								 
- 
									
									37
									 
									 
									|Éxodo 36:37|
									Hy het ook vir die ingang van die tent 'n bedekking gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk;									
									    
								 
- 
									
									38
									 
									 
									|Éxodo 36:38|
									en die vyf pilare wat daarby behoort, met hulle kramme; en hy het hulle toppe en ringe met goud oorgetrek; en hulle vyf voetstukke was van koper.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18