- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									29
									 
									 
									|Éxodo 39:29|
									en die gordel van fyn dubbeldraad-linne en van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, veelkleurige werk, soos die HERE Moses beveel het.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Éxodo 39:30|
									Hulle het ook die plaat van die heilige kroon van suiwer goud gemaak en daarop geskrywe met letters soos dit op 'n seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN DIE HERE.									
									    
								 
- 
									
									31
									 
									 
									|Éxodo 39:31|
									En hulle het 'n pers toutjie daaraan vasgemaak om dit bo-op die tulband te bevestig, soos die HERE Moses beveel het.									
									    
								 
- 
									
									32
									 
									 
									|Éxodo 39:32|
									So is dan al die werk aan die tabernakel van die tent van samekoms voltooi; en die kinders van Israel het dit gemaak net soos die HERE Moses beveel het; so het hulle dit gemaak.									
									    
								 
- 
									
									33
									 
									 
									|Éxodo 39:33|
									En hulle het die tabernakel na Moses gebring, die tent self met alles wat daarby behoort, sy hakies, sy style, sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke,									
									    
								 
- 
									
									34
									 
									 
									|Éxodo 39:34|
									en die dekkleed van rooigeverfde ramsvelle en die dekkleed van robbevelle en die voorhangsel tot bedekking;									
									    
								 
- 
									
									35
									 
									 
									|Éxodo 39:35|
									die ark van die Getuienis met sy draaghoute en die versoendeksel;									
									    
								 
- 
									
									36
									 
									 
									|Éxodo 39:36|
									die tafel met al sy gereedskap en die toonbrode;									
									    
								 
- 
									
									37
									 
									 
									|Éxodo 39:37|
									die suiwer kandelaar met sy lampe, die lampe wat daarop gerangskik moes word, met al sy gereedskap en die olie vir die kandelaar;									
									    
								 
- 
									
									38
									 
									 
									|Éxodo 39:38|
									verder die goue altaar en die salfolie en die reukwerk van speserye en die bedekking vir die ingang van die tent;									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15