- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									16
									 
									 
									|Éxodo 40:16|
									En Moses het gedoen net soos die HERE hom beveel het; so het hy gedoen.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Éxodo 40:17|
									En in die eerste maand, in die tweede jaar, op die eerste van die maand, is die tabernakel opgerig.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Éxodo 40:18|
									En Moses het die tabernakel opgerig: hy het sy voetstukke neergesit en sy style daarop gesit en sy dwarshoute vasgemaak en sy pilare opgerig.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Éxodo 40:19|
									En hy het die tentseil oor die tabernakel gespan en die dekkleed van die tent daar bo-oor getrek, soos die HERE Moses beveel het.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Éxodo 40:20|
									Verder het hy die Getuienis geneem en dit in die ark neergelê en die draaghoute aan die kant van die ark ingesteek, en die versoendeksel het hy bo-op die ark gesit.									
									    
								 
- 
									
									21
									 
									 
									|Éxodo 40:21|
									Toe het hy die ark in die tabernakel gebring en die voorhangsel tot bedekking opgehang en die ark van die Getuienis bedek, soos die HERE Moses beveel het.									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Éxodo 40:22|
									Hy het ook die tafel in die tent van samekoms neergesit, aan die kant van die tabernakel, teen die noorde, buitekant die voorhangsel.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Éxodo 40:23|
									En hy het die brood daarop gerangskik voor die aangesig van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Éxodo 40:24|
									Hy het ook die kandelaar in die tent van samekoms gesit, teenoor die tafel, aan die suidekant van die tabernakel.									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Éxodo 40:25|
									En hy het die lampe opgesteek, voor die aangesig van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15