- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Juan 12:11|
									omdat baie van die Jode deur hom weggegaan en in Jesus geglo het.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Juan 12:12|
									Die volgende dag het 'n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom,									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Juan 12:13|
									palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Juan 12:14|
									En Jesus het 'n jong esel gevind en daarop gaan sit, soos geskrywe is:									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Juan 12:15|
									Moenie vrees nie, dogter van Sion! Kyk, jou Koning kom en Hy sit op die vul van 'n esel.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Juan 12:16|
									Dit het sy dissipels egter eers nie verstaan nie; maar nadat Jesus verheerlik is, toe het dit hulle bygeval dat hierdie dinge van Hom geskrywe was en dat hulle dit aan Hom gedoen het.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Juan 12:17|
									En die skare wat by Hom was toe Hy Lasarus uit die graf geroep en hom uit die dode opgewek het, het daarvan getuig.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Juan 12:18|
									Daarom het die skare Hom ook tegemoetgegaan, omdat hulle gehoor het dat Hy hierdie teken gedoen het.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Juan 12:19|
									En die Fariseërs het vir mekaar gesê: Sien julle dat julle niks vorder nie? Kyk, die hele wêreld loop agter Hom aan.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Juan 12:20|
									En daar was sommige Grieke onder die wat opgekom het om op die fees te aanbid;									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15