- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|Juan 12:21|
									hulle het na Filippus gegaan wat van Betsáida in Galiléa was, en hom gevra en gesê: My heer, ons wil Jesus graag sien.									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Juan 12:22|
									Filippus kom en sê dit vir Andréas, en Andréas en Filippus vertel dit weer aan Jesus.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Juan 12:23|
									Maar Jesus antwoord hulle en sê: Die uur het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Juan 12:24|
									Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Juan 12:25|
									Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Juan 12:26|
									As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Juan 12:27|
									Nou is my siel ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar hierom het Ek in hierdie uur gekom.									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Juan 12:28|
									Vader, verheerlik u Naam! Daar het toe 'n stem uit die hemel gekom: Ek hét dit verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Juan 12:29|
									En die skare wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar 'n donderslag gewees het. Ander het gesê: 'n Engel het met Hom gespreek.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Juan 12:30|
									Jesus antwoord en sê: Hierdie stem het nie om My ontwil gekom nie, maar om julle ontwil.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15