- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									41
									 
									 
									|Juan 12:41|
									Dit het Jesaja gesê toe hy sy heerlikheid gesien en van Hom gespreek het.									
									    
								 
- 
									
									42
									 
									 
									|Juan 12:42|
									Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie.									
									    
								 
- 
									
									43
									 
									 
									|Juan 12:43|
									Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God.									
									    
								 
- 
									
									44
									 
									 
									|Juan 12:44|
									En Jesus het uitgeroep en gesê: Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het.									
									    
								 
- 
									
									45
									 
									 
									|Juan 12:45|
									En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het.									
									    
								 
- 
									
									46
									 
									 
									|Juan 12:46|
									Ek het as 'n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.									
									    
								 
- 
									
									47
									 
									 
									|Juan 12:47|
									En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red.									
									    
								 
- 
									
									48
									 
									 
									|Juan 12:48|
									Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.									
									    
								 
- 
									
									49
									 
									 
									|Juan 12:49|
									Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My 'n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek.									
									    
								 
- 
									
									50
									 
									 
									|Juan 12:50|
									En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek--net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15