- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Juan 7:1|
									En daarna het Jesus in Galiléa rondgegaan, want Hy wou nie in Judéa rondgaan nie, omdat die Jode probeer het om Hom dood te maak.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Juan 7:2|
									En die fees van die Jode, die huttefees, was naby.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Juan 7:3|
									Sy broers het toe vir Hom gesê: Vertrek hiervandaan en gaan na Judéa, sodat u dissipels ook u werke kan sien wat U doen.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Juan 7:4|
									Want niemand doen iets in die geheim en soek tegelykertyd om in iedereen se mond te wees nie. As U hierdie dinge doen, vertoon Uself aan die wêreld.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Juan 7:5|
									Want ook sy broers het nie in Hom geglo nie.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Juan 7:6|
									Toe sê Jesus vir hulle: My tyd is nog nie daar nie. Maar julle tyd is altyd daar.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Juan 7:7|
									Die wêreld kan julle nie haat nie; maar My haat hy, omdat Ek van hom getuig dat sy werke boos is.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Juan 7:8|
									Gaan julle op na hierdie fees. Ek gaan nog nie op na hierdie fees nie, omdat my tyd nog nie daar is nie.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Juan 7:9|
									En nadat Hy dit aan hulle gesê het, het Hy in Galiléa gebly.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Juan 7:10|
									Maar nadat sy broers opgegaan het, toe het Hy ook opgegaan na die fees, nie openlik nie, maar in die geheim.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18