- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									41
									 
									 
									|Juan 7:41|
									Ander het gesê: Hy is die Christus. En ander het gesê: Kom die Christus dan uit Galiléa?									
									    
								 
- 
									
									42
									 
									 
									|Juan 7:42|
									Het die Skrif nie gesê dat die Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was nie?									
									    
								 
- 
									
									43
									 
									 
									|Juan 7:43|
									Daar het toe verdeeldheid onder die skare gekom oor Hom.									
									    
								 
- 
									
									44
									 
									 
									|Juan 7:44|
									En sommige van hulle wou Hom gevange neem, maar niemand het die hand aan Hom geslaan nie.									
									    
								 
- 
									
									45
									 
									 
									|Juan 7:45|
									Die dienaars kom toe by die owerpriesters en die Fariseërs, en dié sê vir hulle: Waarom het julle Hom nie gebring nie?									
									    
								 
- 
									
									46
									 
									 
									|Juan 7:46|
									Die dienaars antwoord: Nooit het 'n mens so gespreek soos hierdie mens nie.									
									    
								 
- 
									
									47
									 
									 
									|Juan 7:47|
									En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie?									
									    
								 
- 
									
									48
									 
									 
									|Juan 7:48|
									Het iemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs?									
									    
								 
- 
									
									49
									 
									 
									|Juan 7:49|
									Maar hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek!									
									    
								 
- 
									
									50
									 
									 
									|Juan 7:50|
									Nikodémus--hy wat in die nag na Hom gegaan het, wat een van hulle was--sê vir hulle:									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15