- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									31
									 
									 
									|Juan 7:31|
									Maar baie van die skare het in Hom geglo en gesê: Wanneer die Christus kom, sal Hy meer tekens doen as wat hierdie man gedoen het?									
									    
								 
- 
									
									32
									 
									 
									|Juan 7:32|
									Die Fariseërs het gehoor dat die skare dit van Hom mompel, en die Fariseërs en die owerpriesters het dienaars gestuur om Hom gevange te neem.									
									    
								 
- 
									
									33
									 
									 
									|Juan 7:33|
									Toe sê Jesus vir hulle: Nog 'n klein tydjie is Ek by julle, en Ek gaan na Hom wat My gestuur het.									
									    
								 
- 
									
									34
									 
									 
									|Juan 7:34|
									Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie.									
									    
								 
- 
									
									35
									 
									 
									|Juan 7:35|
									En die Jode sê onder mekaar: Waar wil Hy heengaan, dat ons Hom nie sal vind nie? Hy wil tog nie na die verstrooides onder die Grieke gaan en die Grieke leer nie?									
									    
								 
- 
									
									36
									 
									 
									|Juan 7:36|
									Wat beteken hierdie woord wat Hy gesê het: Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie?									
									    
								 
- 
									
									37
									 
									 
									|Juan 7:37|
									En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!									
									    
								 
- 
									
									38
									 
									 
									|Juan 7:38|
									Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.									
									    
								 
- 
									
									39
									 
									 
									|Juan 7:39|
									En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.									
									    
								 
- 
									
									40
									 
									 
									|Juan 7:40|
									Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: Hy is waarlik die profeet.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15