-
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|Lucas 11:21|
Wanneer 'n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid.
-
22
|Lucas 11:22|
Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit.
-
23
|Lucas 11:23|
Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.
-
24
|Lucas 11:24|
Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het.
-
25
|Lucas 11:25|
En hy kom en vind dit uitgevee en versierd.
-
26
|Lucas 11:26|
Dan gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy self, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste.
-
27
|Lucas 11:27|
En terwyl Hy dit spreek, het 'n vrou uit die skare haar stem verhef en vir Hom gesê: Salig is die skoot wat U gedra het, en die borste wat U gesoog het.
-
28
|Lucas 11:28|
En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.
-
29
|Lucas 11:29|
En toe die skare saamstroom, begin Hy te sê: Hierdie geslag is boos; dit soek na 'n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.
-
30
|Lucas 11:30|
Want soos Jona 'n teken was vir die Nineviete, so sal die Seun van die mens ook wees vir hierdie geslag.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 5-7