-
-
Afrikaans (1953)
-
-
1
|Lucas 22:1|
En die fees van die ongesuurde brode, wat pasga genoem word, was naby.
-
2
|Lucas 22:2|
En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom kon ombring, want hulle het die volk gevrees.
-
3
|Lucas 22:3|
En die Satan het in Judas gevaar, wat Iskáriot genoem word en wat uit die getal van die twaalf was.
-
4
|Lucas 22:4|
Toe het hy gegaan en met die owerpriesters en hoofde beraadslaag hoe hy Hom aan hulle kon oorlewer.
-
5
|Lucas 22:5|
En hulle was bly en het met hom ooreengekom om hom geld te gee.
-
6
|Lucas 22:6|
En hy het toegestem en na 'n goeie geleentheid gesoek om Hom sonder oproer aan hulle oor te lewer.
-
7
|Lucas 22:7|
En die dag van die ongesuurde brode het gekom waarop die pasga geslag moes word.
-
8
|Lucas 22:8|
Toe stuur Hy Petrus en Johannes en sê: Gaan berei die pasga vir ons, dat ons dit kan eet.
-
9
|Lucas 22:9|
En hulle sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons dit berei?
-
10
|Lucas 22:10|
En Hy antwoord hulle: Kyk, as julle in die stad ingaan, sal 'n man julle ontmoet wat 'n kruik water dra; volg hom na die huis waar hy ingaan.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 11-13