-
-
Afrikaans (1953)
-
-
31
|Lucas 14:31|
Of watter koning wat optrek om teen 'n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tien duisend die een te ontmoet wat met twintig duisend teen hom kom nie?
-
32
|Lucas 14:32|
Anders stuur hy 'n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes.
-
33
|Lucas 14:33|
So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.
-
34
|Lucas 14:34|
Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word?
-
35
|Lucas 14:35|
Dit is nie bruikbaar vir die grond of vir die ashoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer Éxodo 39-40