-
-
Afrikaans (1953)
-
-
21
|Lucas 20:21|
En hulle het Hom gevra en gesê: Meester, ons weet dat U reguit praat en leer en die persoon nie aanneem nie, maar die weg van God in waarheid leer--
-
22
|Lucas 20:22|
is dit ons geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie?
-
23
|Lucas 20:23|
Maar Hy het hulle listigheid bemerk en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My?
-
24
|Lucas 20:24|
Wys My 'n penning. Wie se beeld en opskrif het dit? Hulle antwoord en sê: Die keiser s'n.
-
25
|Lucas 20:25|
Toe sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.
-
26
|Lucas 20:26|
En hulle kon Hom nie voor die volk op 'n woord betrap nie, en verwonderd oor sy antwoord het hulle geswyg.
-
27
|Lucas 20:27|
En sommige van die Sadduseërs het gekom--hulle wat ontken dat daar 'n opstanding is--en Hom gevra
-
28
|Lucas 20:28|
en gesê: Meester, Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se getroude broer sterwe en hy sterf sonder kinders, dan moet sy broer die vrou neem en vir sy broer kinders verwek.
-
29
|Lucas 20:29|
Nou was daar sewe broers, en die eerste het 'n vrou geneem en kinderloos gesterwe.
-
30
|Lucas 20:30|
En die tweede het die vrou geneem, en hy het ook kinderloos gesterwe.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 11-13