-
-
Afrikaans (1953)
-
-
41
|Lucas 9:41|
Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees en julle verdra? Bring jou seun hier.
-
42
|Lucas 9:42|
En toe hy nog aankom, skeur die duiwel hom en laat hom stuiptrekkings kry. Maar Jesus het die onreine gees bestraf en die seun genees en hom aan sy vader teruggegee.
-
43
|Lucas 9:43|
En almal was verslae oor die majesteit van God. En toe almal verwonderd was oor alles wat Jesus gedoen het, sê Hy vir sy dissipels:
-
44
|Lucas 9:44|
Bewaar hierdie woorde in julle ore; want die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense.
-
45
|Lucas 9:45|
Maar hulle het hierdie woord nie verstaan nie, en dit was vir hulle bedek, sodat hulle dit nie sou begryp nie; en hulle was bang om Hom iets te vra oor hierdie woord.
-
46
|Lucas 9:46|
En daar het 'n redenering onder hulle ontstaan oor wie van hulle dan tog die grootste was.
-
47
|Lucas 9:47|
En toe Jesus die redenering van hulle hart opmerk, neem Hy 'n kindjie en laat dié by Hom staan
-
48
|Lucas 9:48|
en sê vir hulle: Elkeen wat hierdie kindjie ontvang in my Naam, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het; want wie die kleinste onder julle almal is, hy sal groot wees.
-
49
|Lucas 9:49|
En Johannes het geantwoord en gesê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam die duiwels uitdryf; en ons het hom belet, omdat hy U nie saam met ons volg nie.
-
50
|Lucas 9:50|
Maar Jesus sê vir hom: Moet hom nie belet nie, want wie nie teen ons is nie, is vir ons.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 1-4