-
-
Afrikaans (1953)
-
-
1
|Lucas 1:1|
Aangesien baie onderneem het om 'n verhaal op te stel oor die dinge wat onder ons al vervul is,
-
2
|Lucas 1:2|
soos hulle wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was, dit aan ons oorgelewer het,
-
3
|Lucas 1:3|
het ek ook dit goedgedink, hooggeagte Theófilus, nadat ek van voor af alles noukeurig ondersoek het, om dit in volgorde aan u te skrywe,
-
4
|Lucas 1:4|
sodat u met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent u onderrig is.
-
5
|Lucas 1:5|
Daar was in die dae van Herodes, koning van Judéa, 'n sekere priester met die naam van Sagaría, uit die afdeling van Abía; en sy vrou was uit die dogters van Aäron, en haar naam was Elisabet.
-
6
|Lucas 1:6|
En hulle was altwee regverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel.
-
7
|Lucas 1:7|
En hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was en albei op ver gevorderde leeftyd.
-
8
|Lucas 1:8|
En terwyl hy besig was om die priesteramp voor God te bedien in die beurt van sy afdeling,
-
9
|Lucas 1:9|
het die lot volgens priesterlike gewoonte op hom geval om in te gaan in die tempel van die Here en reukwerk te brand.
-
10
|Lucas 1:10|
En die hele menigte van die volk was buite, besig om te bid op die uur van die reukoffer.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 1 Corintios 11-13