- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									12
									 
									 
									|Levítico 26:12|
									En Ek sal in jul midde wandel en vir julle 'n God wees, en júlle sal vir My 'n volk wees.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Levítico 26:13|
									Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het julle jukskeie verbreek en het julle regop laat loop.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Levítico 26:14|
									Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie;									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Levítico 26:15|
									en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge 'n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Levítico 26:16|
									dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Levítico 26:17|
									En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Levítico 26:18|
									En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Levítico 26:19|
									En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Levítico 26:20|
									En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie.									
									    
								 
- 
									
									21
									 
									 
									|Levítico 26:21|
									En as julle jul teen My versit en na My nie wil luister nie, sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle sondes.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15