- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									22
									 
									 
									|Levítico 26:22|
									En Ek sal die wilde diere van die veld onder julle in stuur, en dié sal julle kinderloos maak en julle vee uitroei en julle verminder, sodat julle paaie verlate sal wees.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Levítico 26:23|
									En as julle hierdeur jul nie deur My laat tugtig nie, maar julle teen My versit,									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Levítico 26:24|
									sal Ek My ook teen julle versit en julle ook sewevoudig tref weens julle sondes.									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Levítico 26:25|
									En Ek sal 'n swaard oor julle bring wat die wraak van die verbond sal uitoefen; en as julle dan in jul stede terugtrek, sal Ek pes onder julle in stuur, en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Levítico 26:26|
									As Ek vir julle die staf van die brood verbreek, sal tien vroue julle brood in een oond bak en julle brood by die gewig teruggee; en julle sal eet, maar nie versadig word nie.									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Levítico 26:27|
									As julle ook hierom nie na My luister nie, maar julle teen My versit,									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Levítico 26:28|
									sal Ek My in grimmigheid teen julle versit, en Ek sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle sondes.									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Levítico 26:29|
									En julle sal die vlees van julle seuns eet, en die vlees van julle dogters sal julle eet.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Levítico 26:30|
									En Ek sal julle hoogtes verwoes en julle sonpilare verdelg en julle lyke op die lyke van julle drekgode gooi; en my siel sal 'n afsku van julle hê.									
									    
								 
- 
									
									31
									 
									 
									|Levítico 26:31|
									En Ek sal julle stede puinhope maak en julle heiligdomme verwoes en julle lieflike geur nie ruik nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15