- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Números 15:1|
									Daarna het die HERE met Moses gespreek en gesê:									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Números 15:2|
									Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land van julle inwoning kom wat Ek aan julle gee,									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Números 15:3|
									en julle 'n vuuroffer aan die HERE wil berei, 'n brandoffer of slagoffer--deur 'n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer of by julle feestye--om vir die HERE 'n lieflike geur van beeste of van kleinvee te berei,									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Números 15:4|
									dan moet die een wat sy offer aan die HERE bring, as spysoffer bring 'n tiende van 'n efa fynmeel, gemeng met 'n kwart-hin olie;									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Números 15:5|
									en wyn vir die drankoffer, 'n kwart-hin, moet jy berei by die brandoffer of vir die slagoffer, vir elke lam.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Números 15:6|
									Of vir 'n ram moet jy as spysoffer berei twee-tiendes van 'n efa fynmeel, met 'n derde van 'n hin olie gemeng.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Números 15:7|
									En 'n derde van 'n hin wyn vir die drankoffer moet jy as lieflike geur aan die HERE bring.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Números 15:8|
									En as jy 'n jong bul as brandoffer of slagoffer berei, deur 'n besondere gelofte te volbring of as dankoffer aan die HERE,									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Números 15:9|
									moet hy by die jong bul as spysoffer bring drie-tiendes van 'n efa fynmeel met 'n half-hin olie gemeng.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Números 15:10|
									En vir die drankoffer moet jy 'n half-hin wyn bring, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15