- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Números 21:11|
									Daarna het hulle weggetrek van Obot af en laer opgeslaan in Ijje-Haäbárim in die woestyn wat oostelik aan Moab vas lê.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Números 21:12|
									Daarvandaan het hulle weggetrek en laer opgeslaan by die spruit Sered.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Números 21:13|
									Daarvandaan het hulle weggetrek en laer opgeslaan oorkant die Arnon wat in die woestyn is en uit die grondgebied van die Amoriete kom; want die Arnon is die grens van Moab, tussen Moab en die Amoriete.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Números 21:14|
									Daarom word gesê in die Boek van die Oorloë van die HERE: Waheb in Sufa en die spruite, die Arnon,									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Números 21:15|
									en die hang van die spruite wat na die streek van Ar afloop en leun teen die grondgebied van Moab.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Números 21:16|
									En daarvandaan het hulle na Beër getrek. Dit is die put waarvan die HERE aan Moses gesê het: Laat die volk bymekaarkom, dat Ek vir hulle water kan gee.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Números 21:17|
									Toe het Israel hierdie lied gesing: Spring op, o put! Besing hom!									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Números 21:18|
									o Put wat die vorste gegrawe het, wat die edeles van die volk gedelf het, met die septer, met hulle stawe! --En uit die woestyn uit na Mattána toe;									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Números 21:19|
									en van Mattána na Naháliël; en van Naháliël na Bamot;									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Números 21:20|
									en van Bamot na die dal wat in die veld van Moab lê, by die top van Pisga, en oor die wildernis afkyk.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18