- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									11
									 
									 
									|Números 24:11|
									Trek dan nou gou na jou woonplek! Ek het gesê dat ek jou hoog sal vereer; maar kyk, die HERE het jou van verering teruggehou.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Números 24:12|
									Toe het Bíleam vir Balak gesê: Het ek nie alreeds met jou boodskappers wat jy na my gestuur het, gespreek en gesê nie:									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Números 24:13|
									Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van die HERE nie oortree om goed of kwaad uit my eie hart te doen nie; wat die HERE spreek, dit sal ek spreek.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Números 24:14|
									En nou, kyk, ek gaan na my volk toe. Kom, ek sal jou inligting gee, wat hierdie volk jou volk sal aandoen aan die einde van die dae.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Números 24:15|
									Toe het hy sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Números 24:16|
									Die hoorder van die woorde van God spreek, en hy wat die wetenskap van die Allerhoogste ken, wat die gesigte van die Almagtige sien wat neerval en geopende oë het.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Números 24:17|
									Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie: 'n ster kom te voorskyn uit Jakob, en 'n septer kom uit Israel op, en hy verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Números 24:18|
									Ook sal Edom 'n besitting wees; en Seïr, sy vyande, sal 'n besitting wees, maar Israel neem toe in krag.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Números 24:19|
									En laat daar een uit Jakob heers en die vrygeraaktes uit die stede vernietig.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Números 24:20|
									Toe hy Amalek sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Amalek is die eersteling van die heidene, maar sy einde is ondergang.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18