- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Números 28:1|
									Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Números 28:2|
									Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: Julle moet daarvoor sorg om my offer, my spys vir my vuuroffers as lieflike geur vir My, op die bepaalde tyd aan My te bring.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Números 28:3|
									En jy moet vir hulle sê: Dit is die vuuroffer wat julle aan die HERE moet bring: twee jaaroud lammers sonder gebrek elke dag as 'n voortdurende brandoffer.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Números 28:4|
									Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei;									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Números 28:5|
									met 'n tiende van 'n efa fynmeel as spysoffer, gemeng met 'n kwart-hin uitgestampte olie.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Números 28:6|
									Dit is die voortdurende brandoffer wat by die berg Sinai ingestel is as lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Números 28:7|
									En die drankoffer wat daarby behoort, moet wees 'n kwart-hin vir elke lam. In die heiligdom moet jy die drankoffer van sterk drank aan die HERE uitgiet.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Números 28:8|
									En die ander lam moet jy teen die aand berei; met dieselfde spysoffer as in die môre en met die drankoffer wat daarby behoort, moet jy dit berei--'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Números 28:9|
									Maar op die sabbatdag twee jaaroud lammers sonder gebrek en twee-tiendes van 'n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en die drankoffer wat daarby behoort.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Números 28:10|
									Dit is die brandoffer van die sabbat op elke sabbat, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15