- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Números 29:1|
									En in die sewende maand, op die eerste van die maand, moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie; dit moet vir julle 'n dag van trompetgeklank wees.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Números 29:2|
									Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur vir die HERE berei: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Números 29:3|
									en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes van 'n efa vir die bul, twee-tiendes vir die ram,									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Números 29:4|
									en een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Números 29:5|
									en een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen;									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Números 29:6|
									behalwe die brandoffer van die nuwemaan en die spysoffer wat daarby behoort, en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, en hulle drankoffers volgens die daarvoor geldende voorskrif--tot 'n lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Números 29:7|
									En op die tiende van hierdie sewende maand moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees, en julle moet julle verootmoedig; géén werk mag julle doen nie.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Números 29:8|
									Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees;									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Números 29:9|
									en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir die bul, twee-tiendes vir die een ram,									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Números 29:10|
									een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15