- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Números 33:1|
									Dit is die trekke van die kinders van Israel wat uit Egipteland uitgetrek het volgens hulle leërafdelings, onder leiding van Moses en Aäron.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Números 33:2|
									Volgens die bevel van die HERE het Moses die plekke opgeskrywe vanwaar hulle van plek tot plek verder getrek het; en dit is hulle plekke vanwaar hulle al verder getrek het.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Números 33:3|
									Hulle het van Raämses af opgebreek in die eerste maand, op die vyftiende dag van die eerste maand; op die dag ná die pasga het die kinders van Israel deur 'n hoë hand voor die oë van al die Egiptenaars uitgetrek,									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Números 33:4|
									terwyl die Egiptenaars besig was om dié te begrawe wat die HERE onder hulle verslaan het, al die eersgeborenes; ook het die HERE aan hulle gode strafgerigte voltrek.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Números 33:5|
									Toe die kinders van Israel van Raämses af opgebreek het, het hulle laer opgeslaan in Sukkot.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Números 33:6|
									En hulle het van Sukkot af opgebreek en laer opgeslaan in Etam wat aan die kant van die woestyn lê.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Números 33:7|
									En hulle het van Etam af opgebreek en weggedraai na Pi-Hágirot wat oos van Baäl-Sefon lê; en hulle het laer opgeslaan voor Migdol.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Números 33:8|
									En hulle het van Pi-Hágirot af opgebreek en dwarsdeur die see gegaan na die woestyn toe; en hulle het drie dagreise ver die woestyn van Etam ingetrek en laer opgeslaan in Mara.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Números 33:9|
									En hulle het van Mara af opgebreek en by Elim gekom; en in Elim was twaalf waterfonteine en sewentig palmbome, en hulle het daar laer opgeslaan.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Números 33:10|
									En hulle het van Elim af opgebreek en laer opgeslaan by die Skelfsee.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15