- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									21
									 
									 
									|Números 35:21|
									of hom uit vyandskap met sy hand slaan, sodat hy sterwe, dan moet hy wat geslaan het, sekerlik gedood word; hy is 'n moordenaar; die bloedwreker moet die moordenaar doodmaak as hy hom kry.									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Números 35:22|
									Maar as hy hom onvoorsiens, sonder vyandskap, stamp of enigiets sonder opset na hom gooi;									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Números 35:23|
									of as hy enige klip waardeur iemand kan sterwe--as hy, sonder om dit te sien, dit op hom laat val, sodat hy sterwe, terwyl hy geen vyand van hom was en sy onheil nie gesoek het nie,									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Números 35:24|
									dan moet die vergadering tussen hom wat doodgeslaan het, en die bloedwreker oordeel volgens hierdie voorskrifte.									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Números 35:25|
									En die vergadering moet hom wat 'n doodslag begaan het, red uit die hand van die bloedwreker, en die vergadering moet hom laat teruggaan na sy vrystad waarheen hy gevlug het; en hy moet daarin bly tot die dood van die hoëpriester wat met die heilige olie gesalf is.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Números 35:26|
									Maar as hy wat 'n doodslag begaan het, ooit buitekant die grens van sy vrystad gaan waarheen hy moes vlug,									
									    
								 
- 
									
									27
									 
									 
									|Números 35:27|
									en die bloedwreker hom buitekant die grens van sy vrystad kry, en die bloedwreker hom doodslaan wat 'n doodslag begaan het, dan sal daar vir hom geen bloedskuld wees nie.									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Números 35:28|
									Want hy moet in sy vrystad bly tot die dood van die hoëpriester; maar ná die dood van die hoëpriester mag die een wat 'n doodslag begaan het, teruggaan na die land waar sy besitting lê.									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Números 35:29|
									En dit moet vir julle 'n regsinsetting wees in julle geslagte, in al julle woonplekke.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Números 35:30|
									As iemand 'n mens doodslaan, moet die moordenaar op verklaring van getuies gedood word; maar een getuie is nie genoegsaam om iemand tot die dood te veroordeel nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18