-
-
Afrikaans (1953) -
-
21
|1 CorÃntios 10:21|
Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.
-
22
|1 CorÃntios 10:22|
Of wil ons die ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy?
-
23
|1 CorÃntios 10:23|
Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.
-
24
|1 CorÃntios 10:24|
Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van 'n ander.
-
25
|1 CorÃntios 10:25|
Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.
-
26
|1 CorÃntios 10:26|
Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.
-
27
|1 CorÃntios 10:27|
En as een van die ongelowiges julle nooi en julle is gewillig om te gaan, eet dan alles wat julle voorgesit word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.
-
28
|1 CorÃntios 10:28|
Maar as iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer--moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete--want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan--
-
29
|1 CorÃntios 10:29|
ek bedoel die gewete, nie van jouself nie, maar van die ander; want waarom word my vryheid geoordeel deur 'n ander se gewete?
-
30
|1 CorÃntios 10:30|
En as ek iets met danksegging geniet, waarom word ek belaster oor iets waarvoor ek dank?
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22