-
-
Afrikaans (1953) -
-
1
|1 CorÃntios 14:1|
Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer.
-
2
|1 CorÃntios 14:2|
Want hy wat in 'n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.
-
3
|1 CorÃntios 14:3|
Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging.
-
4
|1 CorÃntios 14:4|
Hy wat in 'n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente.
-
5
|1 CorÃntios 14:5|
Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.
-
6
|1 CorÃntios 14:6|
Maar nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, tot watter nut sal ek vir julle wees as ek nie met julle spreek òf deur 'n openbaring, òf deur kennis, òf deur profesie, òf deur lering nie?
-
7
|1 CorÃntios 14:7|
Net soos met lewelose dinge wat 'n klank gee, 'n fluit of 'n siter, as hulle nie 'n onderskeid in toon laat hoor nie, hoe sal 'n mens weet wat op die fluit of siter gespeel word?
-
8
|1 CorÃntios 14:8|
Want as die basuin ook 'n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die oorlog?
-
9
|1 CorÃntios 14:9|
Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal 'n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat.
-
10
|1 CorÃntios 14:10|
Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld, en geeneen daarvan is sonder klank nie.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 21-21