-
Leia por capÃtulos
-
Afrikaans (1953) -
-
1
|IsaÃas 40:1|
Troos, troos my volk, sê julle God.
-
2
|IsaÃas 40:2|
Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van die HERE dubbel ontvang het vir al haar sondes.
-
3
|IsaÃas 40:3|
'n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis 'n grootpad vir onse God!
-
4
|IsaÃas 40:4|
Elke dal moet opgevul en elke berg en heuwel klein gemaak word; en die bult moet 'n gelykte en die rotsagtige plekke 'n laagte word.
-
5
|IsaÃas 40:5|
En die heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien: want die mond van die HERE het dit gespreek.
-
6
|IsaÃas 40:6|
'n Stem sê: Roep! En hy vra: Wat moet ek roep? Alle vlees is gras, en al sy aanvalligheid soos 'n blom van die veld.
-
7
|IsaÃas 40:7|
Die gras verdor, die blom verwelk as die asem van die HERE daarin blaas. Voorwaar, die volk is gras!
-
8
|IsaÃas 40:8|
Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.
-
9
|IsaÃas 40:9|
o Sion, verkondiger van goeie boodskap, klim op 'n hoë berg! o Jerusalem, verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op met mag; hef dit op, wees nie bevrees nie! Sê aan die stede van Juda: Hier is julle God!
-
10
|IsaÃas 40:10|
Kyk, die Here HERE sal kom as 'n Sterke, en sy arm sal heers; kyk, sy loon is by Hom, en sy beloning is voor sy aangesig.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22