-
-
Afrikaans (1953) -
-
11
|Oséias 9:11|
Efraim--sy heerlikheid sal wegvlieg soos 'n voël. Geen geboorte, geen moederskap, geen ontvangenis meer nie!
-
12
|Oséias 9:12|
Ja, al sou hulle hul kinders grootmaak, Ek maak hulle kinderloos, sonder mense; ja, wee hulleself ook as Ek van hulle wyk.
-
13
|Oséias 9:13|
Efraim, soos Ek dit sien na Tirus heen, is geplant in 'n mooi omgewing, maar Efraim sal sy seuns na die moordenaar moet uitbring.
-
14
|Oséias 9:14|
Gee hulle, o HERE--wat sal U gee? --gee hulle 'n kinderlose moederskoot en uitgedroogde borste.
-
15
|Oséias 9:15|
Al hulle boosheid is byeen in Gilgal, want daar het Ek hulle begin haat weens die boosheid van hulle handelinge; Ek sal hulle uit my huis uitdrywe, hulle nie meer liefhê nie. Al hulle vorste is opstandig.
-
16
|Oséias 9:16|
Efraim is getref, hulle wortel het verdor, hulle dra geen vrug meer nie; ook wanneer hulle kinders baar, sal Ek nogtans die lieflinge van hulle skoot ombring.
-
17
|Oséias 9:17|
My God sal hulle verwerp, omdat hulle na Hom nie geluister het nie, en hulle sal rondswerwe onder die nasies.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22