-
-
Afrikaans (1953) -
-
7
|Atos 11:7|
En ek hoor 'n stem vir my sê: Staan op, Petrus, slag en eet!
-
8
|Atos 11:8|
Maar ek antwoord: Nooit nie, Here, want niks onheiligs of onreins het ooit in my mond ingegaan nie.
-
9
|Atos 11:9|
En die stem het die tweede keer my uit die hemel geantwoord: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
-
10
|Atos 11:10|
En dit het drie maal gebeur en alles is weer opgetrek in die hemel.
-
11
|Atos 11:11|
En dadelik staan daar drie manne voor die huis waar ek in was, wat van Cesaréa na my gestuur was.
-
12
|Atos 11:12|
En die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moes gaan sonder om te twyfel. En saam met my het ook hierdie ses broeders gegaan, en ons het in die huis van die man ingegaan.
-
13
|Atos 11:13|
En hy het ons vertel hoe hy die engel in sy huis sien staan het en vir hom sê: Stuur manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word;
-
14
|Atos 11:14|
hy sal woorde tot jou spreek waardeur jy en jou hele huis gered sal word.
-
15
|Atos 11:15|
En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin.
-
16
|Atos 11:16|
En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22