-
-
Afrikaans (1953) -
-
45
|Atos 10:45|
En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is.
-
46
|Atos 10:46|
Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek:
-
47
|Atos 10:47|
Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?
-
48
|Atos 10:48|
En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here. Toe het hulle hom gevra om nog 'n paar dae te bly.
-
1
|Atos 11:1|
En die apostels en die broeders wat in Judéa was, het gehoor dat die heidene ook die woord van God aangeneem het.
-
2
|Atos 11:2|
En toe Petrus opgaan na Jerusalem, het die wat uit die besnydenis was, met hom getwis
-
3
|Atos 11:3|
en gesê: By onbesnede manne het jy in die huis gegaan en saam met hulle geëet.
-
4
|Atos 11:4|
En Petrus het begin en vir hulle die loop van die saak uiteengesit en gesê:
-
5
|Atos 11:5|
Ek was in die stad Joppe in die gebed, en in 'n verrukking van sinne het ek 'n gesig gesien: 'n voorwerp het uit die hemel neergedaal soos 'n groot laken wat aan die vier hoeke uit die hemel neergelaat word, en dit het tot by my gekom.
-
6
|Atos 11:6|
En toe ek die oë daarop hou en dit waarneem, sien ek die viervoetige diere van die aarde en die wilde en die kruipende diere en die voëls van die hemel.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22