-
-
Afrikaans (1953) -
-
17
|Atos 11:17|
As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder?
-
18
|Atos 11:18|
En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk.
-
19
|Atos 11:19|
Die wat dan verstrooi was deur die verdrukking wat oor Stéfanus ontstaan het, het die land deurgegaan tot by FenÃcië en Ciprus en AntiochÃë sonder om tot iemand die woord te spreek, behalwe tot die Jode alleen.
-
20
|Atos 11:20|
En daar was sommige van hulle, Cipriese en Cirenése manne, wat in AntiochÃë gekom het en met die Griekssprekende Jode gepraat en die evangelie van die Here Jesus verkondig het.
-
21
|Atos 11:21|
En die hand van die Here was met hulle, en 'n groot getal het gelowig geword en hulle tot die Here bekeer.
-
22
|Atos 11:22|
En die berig hiervan het die gemeente wat in Jerusalem was, ter ore gekom en hulle het Bárnabas afgestuur om die land deur te gaan tot by AntiochÃë.
-
23
|Atos 11:23|
Toe hy daar kom en die genade van God sien, was hy bly en het almal vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly;
-
24
|Atos 11:24|
want hy was 'n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en 'n aansienlike skare is aan die Here toegebring.
-
25
|Atos 11:25|
Toe vertrek Bárnabas na Tarsus om Saulus te soek, en toe hy hom kry, het hy hom na AntiochÃë gebring.
-
26
|Atos 11:26|
En hulle het 'n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan 'n aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in AntiochÃë vir die eerste keer Christene genoem.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 22-22