-
Leia por capÃtulos
-
Afrikaans (1953) -
-
19
|Provérbios 30:19|
die weg van die arend in die lug, die weg van 'n slang oor 'n rots, die weg van 'n skip in die hart van die see, en die weg van 'n man by 'n maagd.
-
20
|Provérbios 30:20|
So is die weg van 'n vrou wat owerspel bedryf; sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het geen sonde gedoen nie.
-
21
|Provérbios 30:21|
Onder drie bewe die aarde, en onder vier kan hy dit nie uithou nie:
-
22
|Provérbios 30:22|
onder 'n slaaf as hy koning word, en 'n dwaas as hy volop brood het;
-
23
|Provérbios 30:23|
onder 'n nie-geliefde as sy tog 'n man kry, en 'n slavin as sy haar meesteres uit die besitting verdrywe.
-
24
|Provérbios 30:24|
Vier is dit wat klein is op die aarde, maar hulle is uitermate wys:
-
25
|Provérbios 30:25|
die miere is nie 'n sterk volk nie, en tog berei hulle hul voedsel in die somer;
-
26
|Provérbios 30:26|
die klipdassies is nie 'n magtige volk nie, en tog maak hulle hul huis in die rots;
-
27
|Provérbios 30:27|
die sprinkane het geen koning nie, en tog trek die hele swerm in goeie orde uit;
-
28
|Provérbios 30:28|
die geitjie kan jy met die hande gryp, en tog is hy in die konings se paleise.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 21-21