-
Leia por capÃtulos
-
Afrikaans (1953) -
-
29
|Provérbios 30:29|
Drie is dit wat statig wegstap, ja, vier wat statig wegloop:
-
30
|Provérbios 30:30|
die leeu, die held onder die diere, wat vir niks omdraai nie;
-
31
|Provérbios 30:31|
die dier met gespierde heupe, of die bok, en 'n koning met die troepemag by hom.
-
32
|Provérbios 30:32|
As jy dwaas gewees het deur jou te verhef, of as jy vooraf nagedink het--die hand op die mond!
-
33
|Provérbios 30:33|
Want drukking van melk bring botter voort, en drukking van die neus bring bloed voort, en drukking van die toorn bring twis voort.
-
1
|Provérbios 31:1|
Die woorde van Lémuël, die koning van Massa, waarmee sy moeder hom vermaan het:
-
2
|Provérbios 31:2|
Wat, my seun, ja wat, seun van my skoot, ja wat, seun van my geloftes, sal ek sê?
-
3
|Provérbios 31:3|
Gee jou krag nie aan vroue of jou omgang aan die wat konings uitroei nie.
-
4
|Provérbios 31:4|
Die konings, o Lémuël, die konings moet nie wyn drink nie, en die vorste moet nie sterk drank begeer nie;
-
5
|Provérbios 31:5|
anders drink hy en vergeet die insettinge en verdraai die reg van al die ellendiges.
-
-
Sugestões

Clique para ler Apocalipse 21-21