-
Leer por capítulos:
-
Afrikaans (1953)
-
-
8
|Deuteronomio 24:8|
Neem jou in ag by die plaag van melaatsheid om baie noukeurig te handel volgens alles wat die Levitiese priesters julle sal leer; soos ek hulle beveel het, moet julle dit sorgvuldig hou.
-
9
|Deuteronomio 24:9|
Dink aan wat die HERE jou God op die pad, by julle uittog uit Egipte, aan Mirjam gedoen het.
-
10
|Deuteronomio 24:10|
As jy aan jou naaste enigiets leen, mag jy in sy huis nie ingaan om sy pand te gaan haal nie;
-
11
|Deuteronomio 24:11|
buite moet jy bly staan, en die man aan wie jy geleen het, moet die pand vir jou buitentoe uitbring.
-
12
|Deuteronomio 24:12|
En as hy 'n arm man is, moet jy met sy pand nie gaan slaap nie.
-
13
|Deuteronomio 24:13|
Jy moet hom sekerlik teen sonsondergang die pand teruggee, dat hy in sy kleed kan slaap en jou kan seën; en dit sal geregtigheid vir jou wees voor die aangesig van die HERE jou God.
-
14
|Deuteronomio 24:14|
Jy mag 'n arm en behoeftige dagloner uit jou broers of uit jou vreemdelinge wat in jou land in jou poorte is, nie verdruk nie.
-
15
|Deuteronomio 24:15|
Op die dag self moet jy sy loon gee, sodat die son oor hom nie ondergaan nie--want hy is arm en sy siel verlang daarna--dat hy nie teen jou tot die HERE roep en dit sonde in jou word nie.
-
16
|Deuteronomio 24:16|
Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word.
-
17
|Deuteronomio 24:17|
Jy mag die reg van vreemdeling en wees nie verdraai nie en die kleed van 'n weduwee nie as pand neem nie.
-
-
Sugerencias
Haga clic para leer 2 Corintios 1-4