- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									9
									 
									 
									|Éxodo 37:9|
									En die gérubs het die vlerke boontoe uitgesprei gehou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte was na mekaar toe. Die gesigte van die gérubs was op die versoendeksel gerig.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Éxodo 37:10|
									Hy het ook die tafel van akasiahout gemaak. Twee el was sy lengte, en 'n el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.									
									    
								 
- 
									
									11
									 
									 
									|Éxodo 37:11|
									En hy het dit met suiwer goud oorgetrek en daarvoor 'n goue krans gemaak rondom.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Éxodo 37:12|
									Hy het ook daarvoor 'n lys van 'n handbreed gemaak rondom; en hy het 'n goue krans vir die lys gemaak rondom.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Éxodo 37:13|
									Hy het ook vier goue ringe daarvoor gegiet; en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote.									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Éxodo 37:14|
									Naby die lys was die ringe as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Éxodo 37:15|
									Hy het ook die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek om die tafel te dra.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Éxodo 37:16|
									En hy het die gereedskap gemaak wat op die tafel moes wees: sy skottels en sy rookpanne en sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word, van suiwer goud.									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Éxodo 37:17|
									Hy het ook die kandelaar van suiwer goud gemaak. Van dryfwerk het hy die kandelaar gemaak, sy voetstuk en sy stam; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme was, daarmee saam, uit een stuk.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Éxodo 37:18|
									En ses arms het uit die sykante daarvan uitgegaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18