- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									29
									 
									 
									|Éxodo 37:29|
									Hy het ook die heilige salfolie gemaak en die suiwer reukwerk van speserye, soos 'n salfmenger dit maak.									
									    
								 
- 
									
									1
									 
									 
									|Éxodo 38:1|
									Hy het ook die brandofferaltaar van akasiahout gemaak. Vyf el was sy lengte en vyf el sy breedte, vierkantig, en drie el sy hoogte.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Éxodo 38:2|
									En hy het sy horings op die vier hoeke gemaak; sy horings was, daarmee saam, uit een stuk: en hy het dit met koper oorgetrek.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Éxodo 38:3|
									Hy het ook al die gereedskap van die altaar gemaak: die potte en die skoppe en die komme, die vurke en die vuurpanne. Al dié gereedskap het hy van koper gemaak.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Éxodo 38:4|
									Ook het hy vir die altaar 'n traliewerk gemaak, 'n netwerk van koper, onder sy lys, onderaan tot by die helfte van die altaar.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Éxodo 38:5|
									En hy het vier ringe aan die vier ente van die kopertraliewerk gegiet, as plekke vir die draaghoute.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Éxodo 38:6|
									En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met koper oorgetrek.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Éxodo 38:7|
									En hy het die draaghoute in die ringe gesteek, aan die kante van die altaar, om dit daarmee te dra; hy het dit hol, van planke, gemaak.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Éxodo 38:8|
									Hy het ook die koperwaskom gemaak met sy kopervoetstuk, uit die spieëls van die diensdoende vroue wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het.									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Éxodo 38:9|
									Hy het ook die voorhof gemaak. Aan die suidekant, na die suide toe, was daar die behangsels van die voorhof, van fyn dubbeldraad-linne, honderd el lank;									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18