- 
			
				
Leer por capítulos:
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									10
									 
									 
									|Éxodo 38:10|
									daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer;									
									    
								 
- 
									
									11
									 
									 
									|Éxodo 38:11|
									en aan die noordekant honderd el; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer.									
									    
								 
- 
									
									12
									 
									 
									|Éxodo 38:12|
									En aan die westekant was daar behangsels, vyftig el lank; daarby tien pilare met hulle tien voetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer.									
									    
								 
- 
									
									13
									 
									 
									|Éxodo 38:13|
									En aan die oostekant, teen sonop, was daar vyftig el;									
									    
								 
- 
									
									14
									 
									 
									|Éxodo 38:14|
									vyftien el behangsels vir die een kant, daarby drie pilare met hulle drie voetstukke;									
									    
								 
- 
									
									15
									 
									 
									|Éxodo 38:15|
									en vir die ander kant--aan weerskante van die poort van die voorhof--vyftien el behangsels, daarby drie pilare met hulle drie voetstukke.									
									    
								 
- 
									
									16
									 
									 
									|Éxodo 38:16|
									Al die behangsels van die voorhof rondom was van fyn dubbeldraad-linne;									
									    
								 
- 
									
									17
									 
									 
									|Éxodo 38:17|
									en die voetstukke van die pilare was van koper, en die kramme en die ringe van die pilare van silwer; en die oortreksel van hulle toppe van silwer; en hulle self, al die pilare van die voorhof, was van silwerringe voorsien.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Éxodo 38:18|
									En die bedekking van die poort van die voorhof was veelkleurige werk, van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne: twintig el was die lengte, en die hoogte--tewens die breedte van die stof--vyf el, net soos die behangsels van die voorhof.									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Éxodo 38:19|
									Daarby vier pilare met hulle vier voetstukke van koper en hulle kramme van silwer, en die oortreksel van hulle toppe en hulle ringe van silwer.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15