- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									17
									 
									 
									|Gálatas 4:17|
									Hulle ywer vir julle is nie goed nie, maar hulle wil ons buitesluit, sodat julle vir hulle kan ywer.									
									    
								 
- 
									
									18
									 
									 
									|Gálatas 4:18|
									Dit is goed as daar altyd geywer word in 'n goeie saak en nie alleen wanneer ek by julle teenwoordig is nie,									
									    
								 
- 
									
									19
									 
									 
									|Gálatas 4:19|
									my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle 'n gestalte verkry.									
									    
								 
- 
									
									20
									 
									 
									|Gálatas 4:20|
									En ek sou wens om nou by julle teenwoordig te wees en my stem te verander, want ek is buite raad met julle.									
									    
								 
- 
									
									21
									 
									 
									|Gálatas 4:21|
									Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie?									
									    
								 
- 
									
									22
									 
									 
									|Gálatas 4:22|
									Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye.									
									    
								 
- 
									
									23
									 
									 
									|Gálatas 4:23|
									Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte.									
									    
								 
- 
									
									24
									 
									 
									|Gálatas 4:24|
									Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar--dit is Hagar;									
									    
								 
- 
									
									25
									 
									 
									|Gálatas 4:25|
									want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny.									
									    
								 
- 
									
									26
									 
									 
									|Gálatas 4:26|
									Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15