- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									27
									 
									 
									|Gálatas 4:27|
									Want daar is geskrywe: Verbly jou, onvrugbare wat nie baar nie; breek uit en roep, jy wat geen barensnood het nie, want die kinders van die eensame is meer as van haar wat 'n man het.									
									    
								 
- 
									
									28
									 
									 
									|Gálatas 4:28|
									Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte;									
									    
								 
- 
									
									29
									 
									 
									|Gálatas 4:29|
									maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook.									
									    
								 
- 
									
									30
									 
									 
									|Gálatas 4:30|
									Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie.									
									    
								 
- 
									
									31
									 
									 
									|Gálatas 4:31|
									Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.									
									    
								 
- 
									
									1
									 
									 
									|Gálatas 5:1|
									Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Gálatas 5:2|
									Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Gálatas 5:3|
									En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Gálatas 5:4|
									Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Gálatas 5:5|
									Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 14-15