- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									1
									 
									 
									|Juan 11:1|
									En daar was 'n man siek, Lasarus van Betánië, die dorp van Maria en haar suster Martha.									
									    
								 
- 
									
									2
									 
									 
									|Juan 11:2|
									En dit was Maria wat die Here gesalf het met salf en sy voete afgedroog het met haar hare, wie se broer, Lasarus, siek was.									
									    
								 
- 
									
									3
									 
									 
									|Juan 11:3|
									Die susters het toe na Hom gestuur en gesê: Here, hy vir wie U liefhet, is siek.									
									    
								 
- 
									
									4
									 
									 
									|Juan 11:4|
									En toe Jesus dit hoor, sê Hy: Hierdie siekte is nie tot die dood toe nie, maar tot die heerlikheid van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.									
									    
								 
- 
									
									5
									 
									 
									|Juan 11:5|
									En Jesus het Martha en haar suster en Lasarus liefgehad.									
									    
								 
- 
									
									6
									 
									 
									|Juan 11:6|
									En toe Hy hoor dat hy siek is, het Hy twee dae vertoef in die plek waar Hy was.									
									    
								 
- 
									
									7
									 
									 
									|Juan 11:7|
									Eers daarna sê Hy aan die dissipels: Laat ons weer na Judéa gaan.									
									    
								 
- 
									
									8
									 
									 
									|Juan 11:8|
									Die dissipels sê vir Hom: Rabbi, die Jode het onlangs probeer om U te stenig, en gaan U weer daarnatoe?									
									    
								 
- 
									
									9
									 
									 
									|Juan 11:9|
									Jesus antwoord: Is daar nie twaalf ure in die dag nie? As iemand in die dag wandel, stamp hy hom nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien.									
									    
								 
- 
									
									10
									 
									 
									|Juan 11:10|
									Maar as iemand in die nag wandel, stamp hy hom, omdat die lig nie in hom is nie.									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18