- 
			
				
- 
									
   Afrikaans (1953)									 - 
									
									 
- 
									
									31
									 
									 
									|Juan 11:31|
									En toe die Jode wat by haar in die huis was en haar getroos het, sien dat Maria vinnig opstaan en uitgaan, het hulle haar gevolg en gesê: Sy gaan na die graf om daar te ween.									
									    
								 
- 
									
									32
									 
									 
									|Juan 11:32|
									En toe Maria kom waar Jesus was en Hom sien, val sy aan sy voete neer en sê vir Hom: Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie.									
									    
								 
- 
									
									33
									 
									 
									|Juan 11:33|
									Toe Jesus haar dan sien ween en die Jode wat saam met haar gekom het, ook sien ween, het Hy geweldig bewoë geword in sy gees en Hom ontstel									
									    
								 
- 
									
									34
									 
									 
									|Juan 11:34|
									en gesê: Waar het julle hom neergelê? Hulle sê vir Hom: Here, kom kyk.									
									    
								 
- 
									
									35
									 
									 
									|Juan 11:35|
									Jesus het geween.									
									    
								 
- 
									
									36
									 
									 
									|Juan 11:36|
									Die Jode sê toe: Kyk, hoe lief Hy hom gehad het!									
									    
								 
- 
									
									37
									 
									 
									|Juan 11:37|
									En sommige van hulle sê: Kon Hy wat die oë van die blinde man geopen het, nie maak dat hierdie man ook nie gesterf het nie?									
									    
								 
- 
									
									38
									 
									 
									|Juan 11:38|
									En Jesus het weer in Homself geweldig bewoë geword en by die graf gekom. En dit was 'n spelonk, en 'n steen het daarteen gelê.									
									    
								 
- 
									
									39
									 
									 
									|Juan 11:39|
									Jesus sê: Neem die steen weg. Martha, die suster van die oorledene, sê vir Hom: Here, hy ruik al, want hy is al vier dae dood.									
									    
								 
- 
									
									40
									 
									 
									|Juan 11:40|
									Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?									
									    
								 
 - 
									
 - 
				
Sugerencias
 

Haga clic para leer Juan 16-18